(Psalms 91:1-8) Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ʼn skild en pantser. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Weer
Maksimum 15/28° Celsius, Gedeeltelik Bewolk maar geen reën voorspel.
Voorvalle / Insidente
Geen.
Aankondigings
Sektor-2 86 Digitale / 3 Analoog radio toetse gedoen.
Junior radio toetse sal volgende Woensdag om 19H00 gedoen word.
Lied
Ek Sal Nie Bang Wees Nie – Joe Niemand