Weereens het die waarde van die BRG se radio netwerk en die lede se toewyding vrugte afgewerp. Daar was ‘n huisbraak in Thomas straat (Brenthurst) Terwyl AO Roos en BRG lede na die verdagtes gesoek het, is nog ‘n huisbraak en voertuig diefstal gerapporteer te Kenleaf. Lede van die BRG het die verdagte voertuie opgemerk en per radio hulp ontbied, AO Roos het die verdagtes agterna gesit. Die gesteelde voertuig se bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en met ‘n stilstaande voertuig gebots. Twee verdagtes het per voet probeer vlug maar danksy verskeie BRG lede en SAP lede is die area vinnig omsingel en is twee verdagtes aangekeer. Die moontlikheid word ondersoek dat die verdagtes ook by die Brenthurst toneel betrokke was.