Vrydag 24 Julie 2015
Spreuke 30:8-9 AOV
Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
Moenie so op jou tydelike besittings konsentreer dat jy God in die proses vergeet nie.
Verjaardae
RC-03 (Barbara) verjaar vandag.
Saterdag verjaar BH-39 (Riaan) en LA-01 (Lukas)
Sondag verjaar BH-09 (Edward), BS-85 (Hugo) en DO-08 (Helga). Mag die lede ʼn geseënde dag hê.
Weer
Sonop was om 06H50 en die son gaan vanaand om 17H26 onder.
Die temperatuur is tans 9 en die maksimum voorspelde temperatuur is 19. Moontlike verdere donderstorm en reën na 14:00
Saterdag : -1/16
Sondag : 0/16
Area Berig
| AZ-08 | Geen |
| BH-34 | Gewapende huis roof in Green Str. |
| BN-58 | Geen |
| BS-02 | Mimosa Hof slotte afgebreek. |
| DG | Gewapende huis roof in Bobstay Str. |
| DL-03 | Geen |
| DP-22 | Geen |
| DV | Hek slotte afgekap en gemerk met klippe te 25 Devon |
| GU-01 | Gewapende winkel roof |
| MB | Geen |
| SA | Geen |
| SV-06 | Geen |
Algemene Berigte
BP-61 (Jacques) berig die volgende
2 x Blankes gearresteer vir diefstal gisteraand.
4 x voertuie gesteel in Kenleaf die afgelope paar dae.
Gewapende roof te Shell garage, wapen terug gevind, verdagtes geïdentifiseer, arrestasie sal binnekort volg.
Aankondiging
- Daar sal eers weer Maandag radio toetse wees.