(1 Kronieke 16:10-12) Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
Weer
Maksimum 28° Celsius, Sonskyn.
Saterdag 15/28° Celsius – Moontlike donderstorm in die middag.
Sondag 15/30° – Gedeeltelik bewolk
Voorvalle / Insidente
Daar is ʼn blou lig bende wat besig is om motoriste te teiken op die R23 / R59 / N3. Voertuie betrokke Wit BMW, Wit VW Golf 7 en ook ‘n silwer VW Golf GTI. Die voertuie is ongemerk maar is toegerus met blou ligte binne die voertuig. 4 x Swart mans met tipe verkeersbeampte uniforms. Tye tussen 18H00 en 22H00.
Aankondigings
Geen
Lied
Saamstaan – Danie Van Der Westhuizen