Top Polisie Beamptes Weer Gedwarsboom
Die vier lede van die voormalige Taakspan sit al weer sonder vuurwapens in die aanklagte kantoor. Die vier beamptes was laas jaar die teiken van ‘n heksejag waartydens die uiters effektiewe taakspan ontbind is as gevolg van redes wat nou nog nie behoorlik aan die beamptes en die publiek verduidelik is nie. Daar was verskeie absurde departementele klagtes deur die voormalige stasie bevelvoerder teen die spanlede ingestel. Tot dusver is die lede aan alle klagtes onskuldig bevind. Onder leiding van die nuwe bevelvoerder het die lede onlangs weer dienste hervat en sommer dadelik met ‘n paar indrukwekkende arrestasies afgeskop. Maar die spook van die vorige bevelvoerder wil net nie wyk nie, nadat hy aansoek ingedien het om al vier die lede onbevoeg te laat verklaar om vuurwapens te besit of te gebruik, is hulle amptelike vuurwapens ingetrek en moet hulle nou sit en koekies bak in die kantoor terwyl kriminele vrylik rondbeweeg.