Daar is in die verlede verskeie hand radios van lede gesteel of verlore geraak. Dit het tot gevolg gehad dat ongewenste elemente die radio kommunikasie van die BRG afluister. Dit het ons dan ook geforseer om gereeld radios te herprogrammeer. Die her-programering opsie is egter nie meer prakties uitvoerbaar as gevolg van die groot aantal radios op die stelsel.

As gevolg van sekuriteit redes het dit nodig geword om sekere maatreëls in werking te stel om die frekwensies en kodes wat deur die BRG gebruik word te beskerm.

Die maatreëls sluit onder meer in dat slegs hand radios wat aan sekere vereistes voldoen toegelaat sal word op die BRG radio netwerk.

1. Die radio se programmering word beskerm met ‘n wagwoord.
2. Die radio word ge-identifiseer op die netwerk deur ‘n unieke kode.
3. Die radio kan met afstandbeheer afgeskakel word indien dit nodig sou wees.

Daar word ‘n beroep gedoen op die radio amateurs van die BRG om nie die BRG se frekwensies op onveilige hand radios wat nie aan die boonste vereistes voldoen te programmeer.

Ek is bereid om enige toelaatbare frekwensies vir radio amateurs te programmeer op radios wat aan die vereistes voldoen. Moet egter nie verwag dat ek die wagwoord of enige kodes moet verstrek, geen uitsonderings sal gemaak word nie.

NEEM KENNIS DAT HIERDIE MAATREËLS NIE VAN TOEPASSING IS OP BASIS RADIOS VAN RADIO AMATEURS.