Dinsdag 18 Augustus 2015

Doodsberig

SV-29 (Ray Spannenberg) is gisteraand oorlede. Namens die BRG wil ek graag ons innige simpatie aan sy vrou  en die familie oordra. Ek doen ʼn beroep op lede om die lied vyf minute radio stilte te handhaaf.

Prediker 8:8 AOV

Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.

Geniet jou lewe, leef asof elke dag jou laaste is, maar moet nooit vergeet, aan die einde van jou aardse pad, bereik jy  jou ewige bestemming.

Verjaardae

Geen.

Weer

Sonop was om 06H33 en die son gaan vanaand om 17H48 onder.

Die temperatuur is tans 14 en die maksimum voorspelde temperatuur is 26.

Area Berig 

AREA ROEPSEIN BERIG
ANZAC AZ-08 Geen
BRENTHURST BH-33 Geen
BPN-NOORD BN-58 Geen
BPN-SENTRAAL BS-02 Geen
DALPARK-1 DG Geen
DERSLEY DL-03 Geen
DALPARK DP-22 Kode rooi by DP-30 – Eie werker
DALVIEW DV Geen
GEDULD-UITBR GU-01 Geen
MINNEBRON MB Geen
SUNAIR PARK SA Geen
SONNEVELD SV-06 Geen

Aankondigings

  1. Radio Toetse – Daar sal uit respek vir die naasbestaandes van SV-29 geen radio toetse wees vanaand.