Aangaande WhatsApp Groep
Lede dit het nodig geword om hokaai te roep met Whatsapp om die volgende redes :
1. Daar was 18 verskillende groepe gestig vir die BRG – As gevolg van die groot hoeveelheid boodskappe 190+ per dag was ek verplig om my whatsapp te “mute”.
2. Sommige lede het hul radios begin afsit en het baie kritieke inligting verlore geraak omrede sommige lede dit per Whatsapp ge-kommunikeer het en nie met die res van die BRG per radio gedeel het nie.
3. Daar het verskeie lede gekla oor die gebruik van die groepe vir onbenullige boodskappe en dat dit steurend begin raak het vir lede.
4. Die volgende groepe sal behou word, Gebeds groep, rugby groep en skietspan groep. Deelname aan die groepe is vrywillig.
Jammer vir enige ongerief wat dalk veroorsaak kan wees.
Die Whatsapp nommer 081-451-5997 sal egter nog steeds beskikbaar wees vir lede om te gebruik vir nie-kritieke boodskappe.