Dinsdag 11 Augustus 2015

Jakobus 1:12 AOV

Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Om die regte ding te doen het somtyds ʼn koste daaraan verbonde.

Doodsberig

DV-22 se ma is gister op die ouderdom van 90 jaar oorlede. Ek wil graag die groep se simpatie en medelye aan die familie oordra. Daar sal nou 5 minute radio stilte gehandhaaf word uit respek vir die familie.

Verjaardae

MB-46 (Gerhard) verjaar vandag, mag dit ʼn geseënde dag wees en mag daar vele meer wees.

 Weer

Sonop was om 06H39 en die son gaan vanaand om 17H44 onder.

Die temperatuur is tans 8 en die maksimum voorspelde temperatuur is 18. Daar is berigte van mis op die N12 en N17.

Area Berig 

AREA ROEPSEIN BERIG
ANZAC AZ-08 Geen
BRENTHURST BH-33 Geen
BPN-NOORD BN-58 Geen
BPN-SENTRAAL BS-02 Geen
DALPARK-1 DG Geen
DERSLEY DL-03 Geen
DALPARK DP-22 Geen
DALVIEW DV Poging tot inbraak by Garden Centre
GEDULD-UITBR GU-01 Geen
MINNEBRON MB Geen
SUNAIR PARK SA Geen
SONNEVELD SV-06 Geen
Denneoord DO-03 Huisbraak in Witpoortjie weg – Rand Colleries.

Aankondigings

  1. Radio Toetse – DV-07 doen vanaand se radio toetse.